Hierdie afgelope naweek het ‘n historiese gebeurtenis in die bestaan van Compatriots of South Africa se politieke loopbaan plaas gevind. Die heel eerste Imbizo (werkswinkel) het geskied vanaf Saterdag, 13 Oktober 2018, tot Sondag, 14 Oktober 2018, in die hartjie van Tsitsikamma in die Oos-Kaap.
Hier het die hooflede van die party in die Oos-Kaap, Wes-Kaap en Noord-Kaap bymekaar gekom om die toekoms van die party te bepsreek.
Eerstens aan die beurt was een van die hoof pastore wat die Imbizo geöpen het met ‘n gebed. Dit was van die begin af baie duidelik dat die party godsdiens hoog ag in al hul vergarderings aangesien daar deurentyd skrifte en verse vanuit die Bybel aangehaal is.
Die Imbizo van gelei deur die plaaslike leier van die party, Rodney Heugh, wat ook ‘n oorgrote meerderheid van die Imbizo-gangers gehuisves het tydens die naweek.
Hieronder word ‘n paar fotos gegee met die hooflede van CSA regoor Suid-Afrika.
Een van die Imbizo-gangers, Mnr De Wee, het ‘n wye afstand gereis om die Imbizo by te woon om sy erns oor die party te bewys. Mnr De Wee (74) het vir baie lang ure (sowat 690km) vanaf Groblershoop in die Noord-Kaap tot in Tsitsikamma gereis en die lede van die party het so te sê aan sy lippe gehang.
Hy vertel van hoe hy by ‘n Pastoor gaan sit en gesels het oor sy kommer van sy mense regoor Suid-Afrika wat altyd aan die korste end van die wa trek. Dit is toe dat die Pastoor vir hom ‘n pamflet van CSA bring en hy het onmiddelik die party se president, Mnr Cheslin Felix, geskakel om te hoor waaroor die party gaan en waarvoor hulle staan. Nie lank daarna nie, het Mnr De Wee weer in kontak met Mnr Felix gekom om te bevestig dat hy wel by die party wil aansluit.
Aan die manier hoe Mnr de Wee met soveel passie gepraat het, is dit baie duidelik dat hy ‘n man van baie wysheid is en nog vele wysheid saam met die party sal deel in die toekoms.
Mnr De Wee word hieronder gesien met van die party se lede.
Teen die einde van die eerste dag was daar verskeie kwessies bespreek wat die party na aan die hart lê om hul prioriteit te maak sodra hulle die nodige setels verwen. Van hierdie kwessies wat presidensie neem sluit in verbeterde onderwysstelsels, beter gesondheidsdienste vir staats-pasiënte en meer sport en sosiale aktiwiteite vir veral die jongmense in die party se hoof provinsies om hul vooruitgang te verbeter.
CSA besef dat al hierdie dinge wat genoem is baie harde werk sal verg en hulle is ten volle toegewy aan die visie en missie van die party om die menswaardigheid van ons mense in Suid-Afrika te herstel.
Hieronder word vele lede gesien wie ook hul eie bekommernisse en getuienisse kon deel om die party se aandag te rig om die dinge wat hul alledaagse lewe onnodig ontwrig.
Ten einde die twee en ook laaste dag van die Imbizo, het die party besluit om ‘n paar veranderinge aan hul konstitusie te maak om sodoende die party se staan op die verskeie onderwerpe wat bespreek was tydens die werkswinkel aan te spreek. Die grootste verandering is om die primêre konstitusie heeltemal te vertaal in Afrikaans aangesien die meerderheid van sy lede Afrikaanssprekend is.
Daar sal ook ‘n paar nuwe klousules in die dokument geplaas word wat voorheen oorgesien was. Die party verwag dat die verandering aangebring en finaliseër behoort te wees binne die volgende maand of twee.
Na die Imbizo is dit seker dat CSA reg is vir die verkiesing in Mei 2019. Daar is wel nog ‘n hele paar voorsorgmaatreels wat getref moet word alvorens die party sal staan vir verkiesing, maar CSA is wel positief dat hulle wel nasionaal sal staan vir verkiesing.
As u ‘n finansiele bydra wil maak, klik gerus op die foto hieronder om na on Donate bladsy te gaan. Indien u enige opinie het oor die verkiesing, los gerus ‘n kommentaar hieronder, of kontak ons by ons e-pos of sosiale webblaaie.
2 Comments
Compatriots is on the map. The Manifesto launch was successful. Media coverage was superb. Arise Compatriots!
Yes, indeed it was successful! For our full article and a link to the Manifesto, follow this link: Compatriots of South Africa – Manifesto Launch was ‘n Sukses!